Showing posts with label Gedigte. Show all posts
Showing posts with label Gedigte. Show all posts

Saturday, 24 February 2024

Ons Pad

 


Kronkelend loop die pad

Waarop ons mense stap

Deur diep valley

Oor watervleie

Waar eende en ganse dans

 

Ons loop deur die donderstorms

Waar die wolke se donker vorms

Deur helder weerligstrale

Geëts word teen die vale

Hemelruim, en selfs die voëls kruip weg

 

Ons loop deur blombedekte velde

Met die gras welig en groen en daar selde

‘n versteuring in die vrede kan kom

Die bome gee skadu en ons staan verstom

Oor die vrede wat ons harte daar vind

 

Ons loop langs hemelhoë kranse

Waar bokke op lysies danse

Van vreugde en oorlewing waag

En die horison se einde oor die velde vervaag

En ons voel asof die wêreld aan ons behoort

 

Maar ons pad is vooraf bepaal

Dis ons keuse of ons die wenpaal gaan haal

Gelukkig is ons om te weet

Dat ten spyte van vreugde en angssweet

Ons gedra word deur God wat reeds die pad gestap het.


Geskryf deur: Marista Grobler
Datum: +-2009
Kopiereg voorbehou

Saturday, 18 May 2019

Liefde

Liefde is 'n saadjie wat jy plant

Jy plant dit in die grond van die hart

Jy gee dit water met soentjies en drukkies en vashou
        Jy gee dit kos met, wel... kos en koeldrank en koffie en chocolates...
               Jy beskerm dit met mure, heinings, warm klere, slotte, seatbelts en ordentlike brieke
                    Jy snoei dit met baklei - maar jy moet mooi snoei, anders maak jy dit dood
                            Jy spandeer tyd met dit, partykeer net deur naby te staan of te sit, partykeer sommer net lekker nonsens te praat, of hartsake te praat. En partykeer te luister                                                                            ... al is dit ook na stilte

Hoe meer jy sorg en aandag gee, hoe groter word jou plantjie
        En hoe groter hy word, hoe meer kan jy die skaduwee en beskerming en
              vreugde van jou handewerk geniet - die vertroue, die veiligheid,
                     die terugkry van liefde

                                     Liefde is 'n saadjie wat jy plant...

                                                                          ... in die grond van iemand anders se hart




Geskryf deur: Marista Grobler
Datum: 2012
Kopiereg voorbehou

Tuesday, 13 October 2015

Ons Wag

Betaal betaal
dis die wet van Transvaal

Gee my krag, gee my krag
Eskom se dis nag

Krimineel, krimineel
die goewerment leer ons steel

Ons wil leer, ons wil leer
maar die Juffrouens protesteer...

Is jy wit? Is jy wit?
Op straat sal jy sit.

Ons sal wag, ons sal wag
nader kom die dag...

Van die verlede tot die hede
is daar net een mag
die boer en sy roer:
die Boeremag





Written by: Marista Grobler
Date: 2015
Copyright reserved