Saturday 24 February 2024

Ons Pad

 


Kronkelend loop die pad

Waarop ons mense stap

Deur diep valley

Oor watervleie

Waar eende en ganse dans

 

Ons loop deur die donderstorms

Waar die wolke se donker vorms

Deur helder weerligstrale

Geëts word teen die vale

Hemelruim, en selfs die voëls kruip weg

 

Ons loop deur blombedekte velde

Met die gras welig en groen en daar selde

‘n versteuring in die vrede kan kom

Die bome gee skadu en ons staan verstom

Oor die vrede wat ons harte daar vind

 

Ons loop langs hemelhoë kranse

Waar bokke op lysies danse

Van vreugde en oorlewing waag

En die horison se einde oor die velde vervaag

En ons voel asof die wêreld aan ons behoort

 

Maar ons pad is vooraf bepaal

Dis ons keuse of ons die wenpaal gaan haal

Gelukkig is ons om te weet

Dat ten spyte van vreugde en angssweet

Ons gedra word deur God wat reeds die pad gestap het.


Geskryf deur: Marista Grobler
Datum: +-2009
Kopiereg voorbehou

No comments:

Post a Comment