Liefde is 'n saadjie wat jy plant
Jy plant dit in die grond van die hart
Jy gee dit water met soentjies en drukkies en vashou
Jy gee dit kos met, wel... kos en koeldrank en koffie en chocolates...
Jy beskerm dit met mure, heinings, warm klere, slotte, seatbelts en ordentlike brieke
Jy snoei dit met baklei - maar jy moet mooi snoei, anders maak jy dit dood
Jy spandeer tyd met dit, partykeer net deur naby te staan of te sit, partykeer sommer net lekker nonsens te praat, of hartsake te praat. En partykeer te luister ... al is dit ook na stilte
Hoe meer jy sorg en aandag gee, hoe groter word jou plantjie
En hoe groter hy word, hoe meer kan jy die skaduwee en beskerming en
vreugde van jou handewerk geniet - die vertroue, die veiligheid,
die terugkry van liefde
Liefde is 'n saadjie wat jy plant...
... in die grond van iemand anders se hart
Geskryf deur: Marista Grobler
Datum: 2012
Kopiereg voorbehou
No comments:
Post a Comment